Moede(r)loos in Mei

Ek was pas Saterdag by ‘n babatee.  Hoe mooi was dit nie om die opgewondenheid van ‘n nuwe vriendin in die Kaap te sien wat nog altyd ma wou wees nie.   Hoe mooi was haar eie moeder se woorde nie.  Beide oumas was vreeslik opgewonde oor hul nuwe kleindogter. Selfs groot ouma het ‘n geskenk … [Read more…]

Vlamme in Februarie

Pas terug na ons eerste reis oorsee vir die jaar om toeriste aan te moedig om na Suid-Afrika te kom, land ons in ‘n baie droeë Kaap.  Alle klere is in Amerika en in Dubai gewas om sodoende water te bespaar voor ons terugkoms.  Die Premier van die Wes-Kaap het ons bang gemaak en hierdie … [Read more…]

Dankbaar in Desember

Ek het so lanklaas op hierdie forum geskryf.   Ek is selfs nou effe huiwerig, maar voel ek moet. Dit is die laaste dag van Desember. Hierdie is ‘n maand waar groot dele van die wêreldbevolking sekere dae afgestaan het om saam met familie of vriende tyd te spandeer, waar baie kantore vir ‘n rukkie gesluit … [Read more…]

Jaar van Junie

Hierdie maand, ten spyte van wonderlike reën wat val in die Kaap, was ‘n moeilike maand. Hy het baie van ons plat geslaan. Die Knysna vure het nie slegs die beeldskone natuur ‘n knou gegee nie, maar het baie haweloos gelaat en lieflike lewens is verloor.  Almal moes weer opstaan uit die as. Hannah Cornelius … [Read more…]

Medeleye in Mei

Soveel het gebeur in die maand van April dat ek bloot nie gevoel het dit is gepas om iets te skryf nie. Ek het selfs gehuiwer oor hierdie skrywe. Ons President het ons Kabinet laat dans en die mense van Suid-Afrika, asook die wisselkoers, het daarop reageer en die mense het marsjeer. Angus Buchan het … [Read more…]

Mooi in Maart

Hierdie maand se ‘blog’ is weer laat, maar hy het dit steeds gemaak. Ons is gevestig in die mooie Kaap. Ons is gesond, omring met absolute natuurskoon en kan steeds nie glo hoe fantasties dinge in plek geval het en dat ons als in so ‘n kort tyd reggekry het nie (met ‘n stamp en … [Read more…]

VERWAGTING IN FEBRUARIE

Hierdie ‘blog’ is effe laat, maar steeds hier… Voor ek hierdie maand behoorlik begin skryf, moet ek eers ‘n paar bladsye terugblaai en na Januarie/Februarie 2016 kyk. My “blog” van jare was pas totaal uitgevee en gesteel deur “hackers”, my been was gebreek en senuwees in my been af, my man was oppad na Amerika … [Read more…]

Geen beheer in Januarie nie

Terwyl Kersversierings verlate in meeste winkels en huise hang en die gedagte aan oorvol tafels kos, wyn en vriende of familie baie van ons bybly en ons almal hopelik bitter dankbaar hiervoor is, is daar iets wat wink… ‘n Nuwe maand. ‘n Nuwe jaar. Vir baie was 2016 rof. Vir sommige was dit aanvaarbaar en … [Read more…]

Dit is Desember

Asof ons almal nie al Oktober bewus was van die feit dat Kersfees om die draai is met Boney M liedjies in die winkels en kersversierings wat heeltemal te vroeg opgegaan het nie, is hierdie feesseisoen om die draai. Vir baie is dit ‘n fees. Vir ander is dit bloot net ‘n maand. Desember. Hierdie … [Read more…]

Oorvloed in Oktober

Waar begin mens hierdie maand skryf? Met soveel wat aan die gang is, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, is geselskap om etenstafels en vinnige ontmoetings beswaar met bekommernis, ‘n gevoel van wanhoop en soms selfs woede. Ja, ons beweeg in die maand van Oktober in met studente wat steeds woedend staak omdat Universiteite … [Read more…]