Moede(r)loos in Mei

Ek was pas Saterdag by ‘n babatee.  Hoe mooi was dit nie om die opgewondenheid van ‘n nuwe vriendin in die Kaap te sien wat nog altyd ma wou wees nie.   Hoe mooi was haar eie moeder se woorde nie.  Beide oumas was vreeslik opgewonde oor hul nuwe kleindogter. Selfs groot ouma het ‘n geskenk in liefde gegee.  Mooi soos hierdie oggend was, het ek die partytjie verlaat met gemengde gevoelens.

Hierdie maand was die maand waar alle Moeders gevier is en dit was goed.

Dit was Moedersdag.  Restaurante was vol bespreek, geskenke is gekoop en daar is geskryf oor wonderlike ma’s op sosiale platforme.  Liefde en eer is op verskeie maniere aan alle ma’s betoon. Ma’s wat onvoorwaardelik altyd daar is vir hul kinders, offer baie op en dit is net reg.

Die ding van moederskap is wel die volgende:  Dit is ‘n keuse.

Jy kies om ‘n “ma” te word.  Of jy ‘n biologiese ma is en of jy jou hartskind aanneem. Moederskap bly ‘n keuse.

Die oomblik wat jy die keuse maak om ‘n kind in jou lewe in te neem en “ma” genoem te word, is jy ‘n moeder en moet jy in die beste belang van jou kind optree.  Jy bly ‘n moeder tot jy die dag jou kop neerlê.  Dit is ‘n titel wat jy altyd saam met jou dra.  Dit is ‘n titel wat verskeie moeders met trots dra en vir niks sal verruil nie, ‘n titel waarna baie vrouens smag en een wat nooit ligtelik opgeneem moet word nie. Sommige moeders staan kinders aan die dood af, maar hul verloor nooit hul titel nie.  Nee.  Hul bly altyd ma’s.

Ek ken verskeie tipes ma’s, is lief vir hulle (jonk, oud, getroud, enkel en instaan-ma’s) en bewonder ieder en elk van die ma’s wat hierdie keuse met trots, waardigheid, liefde en onbaatsugtigheid uitoefen.  Dit is nie altyd maklik nie, maar hul is só lief vir hul kinders dat enige ongemaklikheid uit die weg gevee word bloot op grond van hierdie onvoorwaardelike liefde.

As gevolg van my beroep(e) en verskeie vriendekringe is my ervaring dat dit vandag wonderlik is as jou kind bloot gesond is.  Vir elke brawe ma wat ‘n geveg veg van siekte of pyn saam met een of meer van haar kinders?  Aan jul al die eer en liefde.  Julle verdien trofee’s.

Aan elke enkel-ma moet ook eer betoon word, want dit is altyd ‘n ingewikkelde proses om deur te werk.  Vir julle wens ek hulp toe, vriende en vriendinne wat jul bystaan en familie wat liefdevol en sag optree.

Hierdie skrywe is eerlik en opreg.  Dit is nie ‘n foto met ‘n glimlag op nie.  Dit is nie ‘n ‘post’ wat geplaas word sodat mense positief kan reageer en die ‘like-knoppie’ druk nie en ja, in die ekonomiese en politiese klimaat waarin meeste hulself tans in Suid-Afrika bevind, gaan hierdie skrywe miskien geweeg en te lig bevind word.  Ek vind wel dat dit miskien nodig is om my hart te ontbloot, bloot omdat ek baie ander ken wat op moedersdag met ‘n swaar hart rondloop.

Hierdie is ‘n eerlike skrywe oor my moede(r)loosheid in Mei. 

Ek het nie, soos menige, Moedersdag gevier nie. Ek het, inteendeel, effe uitgerafel.  Dankie tog vir ‘n man wat my rots is en my altyd optel, asook vriende wat eers die balk uit hul eie oë verwyder voor hul na die splinter in myne soek.

Jy sien, Moedersdag is vir baie nie ‘n goeie dag nie.  Dit is ‘n dag waar sommige se moeders nie meer daar is nie.  Vir baie vroue is dit ‘n dag waar hul smag om self moeders te wees.  Sommige het moeders wat siek is en ander bevind hulself in ander lande en nie naby hul moeders nie, met erge verlange op hierdie dag.  Dan ook die moeders met siek kinders en dié wat kinders verloor het…  Vir almal hier (en die wat ek uitgelaat het) is moedersdag nie ‘n goeie dag nie.

My moedeloosheid a.g.v. my moederloosheid is ‘n draak waarteen ek bly veg.

Ek val in ‘n kategorie waar my moeder my uit keuse verlaat het, sonder kennisgewing en sonder antwoorde op 32-jarige ouderdom omdat sy ‘n groot lewensverandering gemaak het.  Haar keuse was koud, donker en is steeds onverstaanbaar asook onaanvaarbaar.  Daar is nooit ‘n goeie tyd vir ‘n ma om dit aan ‘n kind te doen nie – nie indien jy nie in die beste belange van jou kind optree nie.

Indien jy vandag ‘n ma het wat wel omgee, wees lief vir haar en vier die moeder wat onvoorwaardelik lief is vir jou. Dit was haar keuse om ‘n ma te word, maar dit bly haar keuse om daar vir jou te bly.

Dankie vir elke ander “ma” wat vir my instaan die afgelope twee jaar, wat my bemoedig, aan my liefde betoon en vir dié wat werklik weet… Dankie aan alle vroue wat ‘moeders’ is vir die wat nie moeders het nie.  Julle is van onskatbare waarde.

Dankie vir elke vriend en vriendin wat telkemale trane afgevee het.  Julle lig my op wanneer ek dit nie meer self kan doen nie.

‘n Ma bly ‘n ma.

‘n Kind bly daardie ma se kind, al wil ‘n ma nie meer ‘n kind hê nie.

 Die volgende lirieke bly gepas –

In the blood – John Mayer

How much of my mother has my mother left in me?
How much of my love will be insane to some degree?
And what about this feeling that I’m never good enough?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

How much of my father am I destined to become?
Will I dim the lights inside me just to satisfy someone?
Will I let this woman kill me, or do away with jealous love?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

I can feel love the I want, I can feel the love I need
But it’s never gonna come the way I am
Could I change it if I wanted, can I rise above the flood?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

How much like my brothers, do my brothers wanna be?
Does a broken home become another broken family?
Or will we be there for each other, like nobody ever could?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

I can feel love the I want, I can feel the love I need
But it’s never gonna come the way I am
Could I change it if I wanted, could I rise above the flood?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

I can feel the love I want, I can feel the love I need
But it’s never gonna come the way I am
Could I change it if I wanted, can I rise above the flood?
Will it wash out in the water, or is it always in the blood?

One Comment

  1. Rika Kotze

    Rozelle, ek lees nou jou skrywe oor Moederloos in Mei. Dit raak aan my hart. ‘n Kind smag altyd na die liefde van n moeder, as jy seerkry en swaarkry of bly is wil jy dit met haar deel.
    Vir my is die grootste eer wat ek ontvang het die van moederskap ! Ek voel baie jammer vir jou maar is ook bly vir die engele in jou lewe wat soos moeders vir jou daar is.

    Baie liefde vir jou !!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *