Jaar van Junie

Hierdie maand, ten spyte van wonderlike reën wat val in die Kaap, was ‘n moeilike maand. Hy het baie van ons plat geslaan.

Die Knysna vure het nie slegs die beeldskone natuur ‘n knou gegee nie, maar het baie haweloos gelaat en lieflike lewens is verloor.  Almal moes weer opstaan uit die as.

Hannah Cornelius is vermoor in Stellenbosch en dit het opslae gemaak a.g.v. die absolute sinnelose daad van nóg ‘n jong lewe wat geneem is in Suid-Afrika. Groot geeste soos PG du Plessis is hierdie maand oorlede. Die finale knou, Suna Venter.  Suna Venter was meer as dít wat op papier of in enige skrywe verwoord kan word. Sy was bloot meer…

Junie voel al soos ‘n jaar. Hy het ons almal effe geknou op ‘n manier. Ons werk hard. Soms betaal ons vir die werk wat ons doen en word ons nie noodwendig vir die werk betaal nie. Soms is die som wat ons betaal té groot. Soms eis dit ons lewens.

Indien jy, soos ek, na hierdie Jaar van Junie nogal uitgeput voel, wees gerus.

Julie loer vir jou.

Mag niemand van ons ooit heeltemal hoop verloor nie.

Mag hierdie wêreld ons nooit só knou, dat ons wil ophou veg vir reg en geregtigheid nie.

Mag almal weet dat daar altyd iemand is om jou knieë af te stof.

Lig net jou kop en kyk rond.

 

Indien Junie nie vir jou moeilik was nie, wees die persoon wie knieë afstof.

Indien jy dink iemand lyk mooi, sê vir hulle.

Indien jy oogkontak maak met enigeen, glimlag.

Indien jy ekstra klere of komberse het, gee dit aan diegene wie nie het nie.  Dit is winter.

Indien jy sien iemand het nie kos nie, gaan koop vir hulle iets om te eet.

Indien iemand jou vra om te luister, luister.

Gee meer as wat jy neem. Net vir nou, want Junie het baie mense geknou.

Ek eindig met die volgende lirieke.   Hul voel baie gepas.

ANTHEM – Leonard Cohen

The birds they sang
At the break of day
Start again
I heard them say
Don’t dwell on what
Has passed away
Or what is yet to be
Yeah the wars they will
Be fought again
The holy dove
She will be caught again
Bought and sold
And bought again
The dove is never free

 

Ring the bells (ring the bells) that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in

 

We asked for signs
The signs were sent
The birth betrayed
The marriage spent
Yeah the widowhood
Of every government
Signs for all to see

 

I can’t run no more
With that lawless crowd
While the killers in high places
Say their prayers out loud
But they’ve summoned, they’ve summoned up
A thundercloud
And they’re going to hear from me

 

Ring the bells that still can ring

Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in

 

You can add up the parts
You won’t have the sum
You can strike up the march
There is no drum
Every heart, every heart to love will come
But like a refugee

 

Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in
Ring the bells that still can ring (ring the bells that still can ring)
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in
That’s how the light gets in
That’s how the light gets in

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *