Medeleye in Mei

Soveel het gebeur in die maand van April dat ek bloot nie gevoel het dit is gepas om iets te skryf nie. Ek het selfs gehuiwer oor hierdie skrywe.

Ons President het ons Kabinet laat dans en die mense van Suid-Afrika, asook die wisselkoers, het daarop reageer en die mense het marsjeer.

Angus Buchan het amper ‘n miljoen mense op sy plaas verwelkom. Die land (en sosiale media) het weereens reageer en mekaar verskeur.

Die Hoë Howe van Suid-Afrika het, volgens my, wonderlike uitsprake gelewer. Dit was positief en Suid-Afrika het daarby gebaat. Die wie lees en weet, het daarop reageer.

 

April se skrywe en sy titel was gereed, maar voor ek enigiets kon publiseer was daar nóg ‘n gebeurtenis in Suid-Afrika wat dit bloot onmoontlik gemaak het om iets sinvol neer te skryf sonder om bitter mooi daaroor na te dink, asook oor die gevolge van enige skrywe en enige opinie. Daarom het ek nie.

Ek het dit aan brawe skrywers soos Gielie Hoffmann en Nadine Petrick oorgelaat.

Ek het wel besluit om in Mei te skryf, na ‘n paar e-posse en boodskappe met vrae oor wat van April geword het.

April was besig, hartverskeurend, woes en wonderlik…

 

Ek moes in Mei introspreksie doen. Ja, daardie gevaarlike ding waar mens erg eerlik met jouself moet wees. Hier kan niemand anders die skuld dra vir jou keuses en aksies nie en moet jy vrede maak met die impak wat jy tans op aarde en die mense om jou het.

Ek glo nie enigeen van ons is bloot net hier nie. Ons almal los ‘n merk. Hoe merkwaardig jou merk is, bly die vraag.

Gedurende my tyd van introspeksie het daar ‘n paar bomme op sosiale media gebars.

Gielie Hoffmann het reageer en het geskryf oor die reg op menswaardigheid.

Ek kyk na die woord ‘menswaardigheid’ en sonder om té diep te grawe in my regskennis wat vlak lê, besef ek dat daar iets fout is omdat ons as mens êrens die pad byster geraak het.

‘Menswaardigheid’ het ‘n woord geword wat rondgeslinger word deur baie, maar deur min verstaan word.

Die vraag wat ek telkemale vra met optrede wat waarlik onaanvaarbaar blyk te wees vir sommige, tog aanvaarbaar is vir ander en meer aanvaarbaar word vir baie is die volgende: Besef die mens werklik wat hul doen?

Hierdie vraag geld vir almal. Die liberale mens asook die konserwatiewe een. Hierdie vraag breek deur ras, geslag, etniese asook sosiale herkoms en seksuele oriëntasie. Hierdie vraag is een wat ons gedurig vir onsself moet vra en hierdie vraag het nie plek vir maskers nie.

Jy sien, ons word almal gevorm deur verskeie faktore wat in ons lewens ‘n rol speel asook deur die invloed van sekere mense deur wie ons omring word as kinders en deur wie ons kies om onsself te omring as volwassenes.

Indien jy so gelukkig is om te kan lees, glo ek jou verskoning om oningelig te wees oor die betekenis van ‘menswaardigheid’ en daarvolgens op te tree, is minder.  Tog bepaal jou persoonlike waardesisteem hierdie definisie in die wêreld waarin jy leef.  ‘Menswaardigheid’ (en hierdie is bloot my opinie), al is dit ‘n Grondwetlike reg, word meestal subjektief geïnterpreteer.

Gedurende my introspeksie moes ek myself vra of ek skuldig is aan subjektiewe interpretasie van ‘menswaardigheid’. Ek moes myself vra of ek kinders in ‘n wêreld wil bring waar die woorde ‘menswaardigheid’ en ‘menseregte’ meer losbandig as die woorde ‘Crossfit’ en ‘Banting’ rondgegooi word, maar dit voorkom of mense minder respek en medelye vir ander het as ooit tevore.

Ek dink, voor ons op ‘menseregte’ en ‘menswaardigheid’ fokus, moet ons dit vir onsself makliker maak en op mense begin fokus en met elke aksie, woord, skrywe en daaglikse gang besef dat ons sagter met mekaar moet wees. Die wêreld is hard genoeg. ‘Menswaardigheid’ is ‘n natuurlike gevolg van empatie en medeleye met mekaar, al verstaan ons nie almal mekaar se wêrelde nie en al stem ons nie altyd ooreen nie.

Vat een dag. Miskien ook ‘n maand. Doen introspeksie. Wees baie eerlik met jouself.

Indien jy mens is, soos ek, sal jy dalk ook jou kop vir jouself skud. Jy moes dalk sagter met ‘n ander mens gewees het.

Jy moes dalk in ‘n uitlating, iemand se ‘menswaardigheid’ asook ‘menseregte’ in ag geneem het, al het jy ‘n subjektiewe opinie oor hul optrede gehad.

Jy moes dalk nie ‘n plakkaat met kru woorde daarop, opgelig het, terwyl jy ingelig word oor ‘menseregte’ in jou kursus op Universiteit nie.

Toon empatie en medelye met mekaar in Mei. 

Ek sluit af met die lirieke van my gunsteling skrywer.

If It Be Your Will – Leonard Cohen

If it be your will
That I speak no more
And my voice be still
As it was before
I will speak no more
I shall abide until
I am spoken for
If it be your will
If it be your will
That a voice be true
From this broken hill
I will sing to you
From this broken hill
All your praises they shall ring
If it be your will
To let me sing

From this broken hill
All your praises they shall ring
If it be your will
To let me sing

If it be your will
If there is a choice
Let the rivers fill
Let the hills rejoice
Let your mercy spill
On all these burning hearts in hell
If it be your will
To make us well

And draw us near
And bind us tight
All your children here
In their rags of light
In our rags of light
All dressed to kill
And end this night
If it be your will

If it be your will

 

 

 

 

2 Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *