Mooi in Maart

Hierdie maand se ‘blog’ is weer laat, maar hy het dit steeds gemaak.

Ons is gevestig in die mooie Kaap. Ons is gesond, omring met absolute natuurskoon en kan steeds nie glo hoe fantasties dinge in plek geval het en dat ons als in so ‘n kort tyd reggekry het nie (met ‘n stamp en ‘n stoot). Natuurlik mis ons sekere vriende vreeslik en wens ons ons kon almal inpak, maar gelukkig het ons reeds baie kuiergaste wie ons harte kom warm hou.

So met die intrapslag hier is daar een oorweldigende gevoel: een van dankbaarheid. Daar is ook wel die gevoel waarvan ek so deeglik bewus is – dat wat ons is en het bloot genade is, ongeduld meestal onnodig is en elkeen ‘n kruis dra waarvan ons niks weet nie.

Een van my mooiste vriendinne is die week opgeneem vir ‘n gevaarlike operasie, maar steeds lag sy, is sy goed vir díé om haar en vier sy die lewe.

Die tannie in die winkelsentrum wie vanoggend op haar man gegil het en deur verskeie mense aangestaar is omdat sy baie ongeskik voorgekom het, is miskien in pyn gewees en het nie kans gesien vir die lang ry in ‘Clicks’ om vir medikasie te wag nie.

Die vrou wie my oppad terug huis toe amper van die pad af gedruk het (miskien weens my steeds-onveranderde-GP-nommerplaat) is eintlik maar net miskien onder vreeslike druk, beleef trauma of is laat vir ‘n baie belangrike werksonderhoud wat gaan bepaal of sy steeds daardie groot motor van haar gaan kan bekostig 😉

Die punt is: Ons almal veg. Indien enigiemand se lewe op sosiale media of TV vir jou soos ‘n sprokie lyk, dink weer.   NIEMAND se lewe is net maanskyn en rose nie. 

Ons almal staan elke oggend op met sekere doelwitte en drome. Ons almal se doelwitte en drome verskil. Ons hoef onsself aan niemand te meet nie en al bereik jy nie een van jou doelwitte of drome vir die dag nie, doen hierdie een ding elke dag: Wees mooi met mekaar in Maart.

Dit is soms moeilik. Ons is soms siek en soms self seer. Ons beleef teleurstelling en soms is ons so uitgeput dat ons nie weet watter kant toe nie.

Ons leef in ‘n wêreld waar geduld min is en oordeel baie.

Besef, voor jy ooit oordeel of dink dinge is baie rooskleurig vir ‘n ander, dat daardie persoon juis die een is wat dalk ‘n kompliment nodig het, jou hulp nodig het of dalk die hardste veg – ‘n stille oorlog waarvan jy glad nie weet nie.

Wees mooi met mekaar in Maart. Punt.

Ek sluit af met die volgende lirieke:

YOU WANT IT DARKER – Leonard Cohen

If you are the dealer, I’m out of the game
If you are the healer, it means I’m broken and lame
If thine is the glory then mine must be the shame
You want it darker
We kill the flame

Magnified, sanctified, be thy holy name
Vilified, crucified, in the human frame
A million candles burning for the help that never came
You want it darker

 

Hineni, hineni
I’m ready, my lord

 

There’s a lover in the story
But the story’s still the same
There’s a lullaby for suffering
And a paradox to blame
But it’s written in the scriptures
And it’s not some idle claim
You want it darker
We kill the flame

They’re lining up the prisoners
And the guards are taking aim
I struggled with some demons
They were middle class and tame
I didn’t know I had permission to murder and to maim
You want it darker

 

Hineni, hineni
I’m ready, my lord

 

Magnified, sanctified, be thy holy name
Vilified, crucified, in the human frame
A million candles burning for the love that never came
You want it darker
We kill the flame

 

If you are the dealer, let me out of the game
If you are the healer, I’m broken and lame
If thine is the glory, mine must be the shame
You want it darker

 

Hineni, hineni
Hineni, hineni
I’m ready, my lord

Hineni
Hineni, hineni
Hineni

One Comment

  1. Elisca van der Walt

    Is so waar Rozellie, goed vasgevat. Snaaks hoe ons so in ons eie goed baie keer die begeerte het dat mense moet ‘sien’ en eintlik ons moet help of bystaan, maar min kere is ons bereid om te ‘seek to understand’ en juis ‘dit’ wat jy nodig het te wees vir iemand anders. Dink ons is ongelukkig te self-centered… met die Here se genade en liefde mag ons getransformeer word en gepositioneer word vir MEER.

    meer liefde
    meer waarheid
    meer accountability
    meer verstaan
    meer wysheid

    meer, sodat ons ons Vader goed kan verteenwoordig in die manier hoe ons ‘govern’ in ons lewens, communities en land.

Leave a Reply to Elisca van der Walt Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *