Dit is Desember

Asof ons almal nie al Oktober bewus was van die feit dat Kersfees om die draai is met Boney M liedjies in die winkels en kersversierings wat heeltemal te vroeg opgegaan het nie, is hierdie feesseisoen om die draai. Vir baie is dit ‘n fees. Vir ander is dit bloot net ‘n maand. Desember.

Hierdie jaar het vir my persoonlik glad nie goed begin nie. Ek kon nie loop nie, vir 7 maande nie bestuur nie en wel, dit was “real” op fisieke, persoonlike en werksvlak, maar ek het weereens ‘n ton oor myself geleer. So…dit was goed. Ek het al genoem dat ons almal gereeld introspeksie moet doen, bloot om te sien waar ons verkeerd gaan, wat ons self kan verander en hoekom dinge dalk nie “uitwerk” soos ons wil hê dit moet nie.  Wat mens soms oor mensself ontdek is verrassend. Saam met die werk, kom nuwe, lieflike vriendskappe, kennis en ‘n tikkie wysheid.  Ook ‘n goeie besef dat mens dankbaar moet wees en bly vir elke “normale” dag.

Wat ons politieke landskap in Suid-Afrika betref, asook die een wêreldwyd, kan 2016 gemerk word as een van die mees interessante jare ooit. Die DA maak golwe, die ANC sukkel effe, ons is onseker oor die wisselkoers. “Brexit” gebeur en die wêreld is verbaas. Donald Trump word President en mense dink die wêreld gaan vergaan. Interessante tye…

Vriende van my het gedurende hierdie jaar fantastiese mylpale behaal. Een van my mooie, brawe, vriendinne is getroud.nadia-troue

‘n Ander het na 13-jaar se wag haar pragtige dogtertjie in haar hande vasgehou.

Die een op wie ek so ongelooflik trots is dat my hart wil bars, is ‘n vriendin wie haar honneurs graad behaal het en oppad is om ‘n CA te word. Vir hierdie mooiste mens en haar man met hul groot harte sal ek enigiets doen. karen-en-johan

Ander vriende het dit moeilik gehad. Hul het hul werke en geliefdes verloor of moes deur egskeidings en siekte veg.

2016 was soos ‘n woeste storm met winde wat ons almal heen en weer gewaai het, met reën wat nou en dan ophou om goue sonstrale deur pikdonker donderwolke te laat – die mooiste gesig – net om weer te verander in koue reën, die verligting van korte duur.

wolke

Nou is dit Desember.

Wat vat ons weg van hierdie jaar?

Om dankbaar te wees vir die kleiner dinge? Om ons familie en vriende wie daar is en omgee naby aan ons te hou en liewer as ooit vir hul te wees? Om te stem wanneer die geleentheid hom voordoen?  😉   Ja, daar is baie “quotes” buite in die wêreld en mense met wyse woorde om ons goed te laat voel, besaai met katjies en omraam met blommetjies. Die vraag is werklik: Wat het 2016 jou geleer, want dit is Desember en dit is tyd vir introspeksie.

Niemand verwoord die boodskap en antwoord beter as die wêreldbekende, wyse legende wie ons onlangs verlaat het nie.

ANTHEM – Leonard Cohen

The birds they sang

At the break of day
Start again
I heard them say
Don’t dwell on what
Has passed away
Or what is yet to be
Yeah the wars they will
Be fought again
The holy dove
She will be caught again
Bought and sold
And bought again
The dove is never free

Ring the bells (ring the bells) that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in

We asked for signs
The signs were sent
The birth betrayed
The marriage spent
Yeah the widowhood
Of every government
Signs for all to see

I can’t run no more
With that lawless crowd
While the killers in high places
Say their prayers out loud
But they’ve summoned, they’ve summoned up
A thundercloud
And they’re going to hear from me

Ring the bells that still can ring

Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in

You can add up the parts
You won’t have the sum
You can strike up the march
There is no drum
Every heart, every heart to love will come
But like a refugee

Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything (there is a crack in everything)
That’s how the light gets in

Aan die einde van hierdie wankelrige jaar is ek weereens dankbaar vir elke vriend en vriendin wie altyd daar is.  Julle weet presies wie jul is… Maar die een persoon op hierdie aardbol wat by my staan, ongeag wat my oorkom, saam met my stap oor berge, my optel wanneer ek val en liefde bly kies, is hier langs my.  Niemand anders ken die waarheid soos jy nie. xxx

roz-en-alwyn-nadia-troue

2 Comments

  1. Raymond Supra

    Goeie More Rozelle, Baie dankie vir hierdie baie mooi en opbeurende boodskap van jou. Jy is n wonderlike mens wat nie gaan le as die lewens pad moeilik raak met gestrooi met struikel blokke nie. Wens vir jou en jou geliefde ales wat mooi is en n voorspoedige jaar. Hoe wonderlik sou die lewe gewees het as meer van ons mense jou siening, krag en vermoe het. Sterkte Raymond

  2. admin

    Baie dankie, Raymond, vir jou mooi boodskap. Ek waardeer dit baie.

    Daar is vriende van my wat tans baie groot berge klim en hul is weer vir my ‘n inspirasie.

    Mag jy ‘n wonderlike Desember genit en uitrus vir ‘n nuwe jaar wat voor ons lê… Ek wens vir jou en jou geliefdes ook ‘n lieflike nuwe jaar toe.
    Groete, Roz.

Leave a Reply to admin Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *