Oorvloed in Oktober

Waar begin mens hierdie maand skryf? Met soveel wat aan die gang is, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd, is geselskap om etenstafels en vinnige ontmoetings beswaar met bekommernis, ‘n gevoel van wanhoop en soms selfs woede.

Ja, ons beweeg in die maand van Oktober in met studente wat steeds woedend staak omdat Universiteite nie fooie wil laat vaar nie, met dosente en mede-studente wat hulpeloos verkeer en ‘n Regering wat, volgens baie, taamlik stil was tot op hede oor die situasie.  Ouers is woedend en hulpeloos, studente is woedend en hulpeloos, dosente is woedend en hulpeloos en die bestuur van die Universiteite voel studente tree nie volgens die reëls op nie en voel ook effe magteloos… Wel, hierdie kán ‘n lang ‘blog’ raak.  Sekere Universiteite, bv. Rhodes, is een wat inkomste bied aan talle in die gemeenskap en as die Universiteit moet sluit sal baie gesinne desperaat wees. Hierdie is ‘n groot probleem.

 Daar is inderdaad rede tot kommer.

En ons dink Suid-Afrika het probleme… uhm…

As ons kyk na die krisis in Amerika (wat letterlik ook brand) asook die ekonomiese krisis wat Europa in die gesig staar, wil dit voorkom of dinge regoor die wêreld nie té rooskleurig is nie, ongeag wát sommige dalk mag dink.  Ons lewe in ‘n moeilike tyd.

Gee hierdie ons rede tot kommer? Ja, maar nie tot ‘n mate waar jy snags moet wakker lê en wroeg nie.  Dit kan net lei tot siekte.

Net tot die mate waar jy as individu besef dat jy self in oorvloed leef indien vandag vir jou ‘n normale dag is en jy ‘n verskil moet probeer maak in die direkte kring om jou, ongeag hoe klein jy dink dit dalk mag wees. Gebruik jou unieke talente.  Maak ‘n verskil in jou gesin, kollegas en werkers se lewens deur die kleinste van dade.  Die effek mag jou dalk net verbaas.

Terwyl ons in ‘n tyd van waansin leef, dink ek dit is goed om ook óm ons te kyk en te besef dat dinge soos gesondheid, liefde, vriende wie vir óns tyd maak, familie wie omgee, ‘n bord kos, jou lekker koppie koffie in die oggend, lopende water, kos, elektrisiteit en ‘n huis beslis NIE die klein dinge in die lewe is nie en NIE NET NORMAAL is nie.  Ja, die glase wyn en kos saam met vriende of geliefdes is inderdaad baie luuks, nie ‘n gegewe nie en beslis iets om voor dankbaar te wees.

Ek en my geliefde man in Amsterdam.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Baie van ons (ja, ek praat altyd ook met myself) leer nie, onthou nie die lesse wat die lewe ons op ‘n stadium geleer het nie en vat hierdie dinge elke dag bloot as ‘n gegewe, iets wat maar net so móét wees en kla aanhoudend oor hoe sleg dit in Suid-Afrika gaan.  Mense kla oor hul finansies, hoe verveeld hul by hul werke is. Mense skinder oor mekaar, maak mekaar seer en maak nie tyd vir mekaar nie…  Verskeie mense jaag “celebrity”- status, maar verlekker hul ook daarin as iemand in die publieke oog seerkry.  Hier is waar waansin vir my effe intree, want daar is genade in die feit dat jy werk het, in die feit dat jy gesond wakker word en vriende het om oor te skinder.  Hou dus op!  Probeer die goed raaksien in dít wat op ‘n daaglikse basis met jou gebeur, al voel jy dit is klein of normaal…

Ons lewe in ‘n tyd waar die mens dink ‘n bestemming, geld, ‘n vakansie, ‘n ander werk, ‘n mooier lyf ens. gaan hul “gelukkig” maak en waar die mens ontevrede is met dít wat “normaal” is.

Hul jaag rykdom, maak skuld, laat sny, trek en spuit aan hulle om jonger te lyk (terwyl baie slegs gesond wil wees), werk abnormale ure om meer geld te maak en spandeer min tyd saam met hul families om die huis en motors te kan bekostig wat  nog aan banke behoort.  Als ‘n gejaag na wind as die golf van die lewe jou kom omslaan met onverwagte nuus… ‘n Siekte, sekwestrasie wat jou skouers laat hang, egskeiding of selfs verlies van ‘n geliefde.

Wat sal dit vat vir jou om te besef jy lewe in oorvloed?

Besef vandag hoe geseën en gelukkig jy is met “NORMAAL” voor dit van jou weggeneem word.

Geniet elke dag van OORVLOED in Oktober…

Ek eindig hierdie maand se skrewe met lirieke van ‘n legende.  Leonard Cohen

ANTHEM

The birds they sang
At the break of day
Start again
I heard them say
Don’t dwell on what
Has passed away
Or what is yet to be
Yeah the wars they will
Be fought again
The holy dove
She will be caught again
Bought and sold
And bought again
The dove is never free

Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack in everything
That’s how the light gets in

We asked for signs
The signs were sent
The birth betrayed
The marriage spent
Yeah the widowhood
Of every government
Signs for all to see

I can’t run no more
With that lawless crowd
While the killers in high places
Say their prayers out loud
But they’ve summoned, they’ve summoned up
A thundercloud
And they’re going to hear from me
Ring the bells that still can ring

Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything
That’s how the light gets in

You can add up the parts
You won’t have the sum
You can strike up the march
There is no drum
Every heart, every heart to love will come
But like a refugee
Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything
That’s how the light gets in
Ring the bells that still can ring
Forget your perfect offering
There is a crack, a crack in everything
That’s how the light gets in

2 Comments

  1. Raymond Supra

    Dankie Rozelle, baie ware en mooi woorde wat ons almal besef hoe dankbaar ons moet wees vir dit wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ons het so baie om voor dankbaar te wees, nie geld of status nie. Stem saam met jou leef n normale lewe en wees meer draagsaam teenoor jou mede mens Groete

  2. Chrissie

    Dankie Rozelle. Ons is baie dankbaar vir ons “normale lewe en dierbare vriende” vir wie ons baie lief is. Dankie

Leave a Reply to Raymond Supra Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *