METAMORFOSE IN MEI

Die koue sluip nader en met elke blaar wat val, die temperatuur wat daal en ons almal wat elke dag met metamorfose in die natuur gekonfronteer is, is ek in Mei met my eie metamorfose besig.

Hierdie proses, soos in die natuur, is een wat nodig is.

Dit is nodig vir seisoene om te verander, vir die aarde om hierdie gedaanteverwisseling te ondergaan, bloot sodat lente en somer weer oor die landskap kan kruip met nuwe lewe en geure.

So ook dan is dit van toepassing in ons almal se lewens… seisoene verander, winter kruip in en maak plek vir nuwe mense, plekke en geleenthede.

 

Die groot verskil tussen ons en die natuur? Metamorfose in die natuur gebeur vanself… en ons kan so baie leer, want Metomorfose vir ons as mens bly ‘n keuse.

woudpad

Ons word gebore en word deur ons ouers (of geen ouers) gevorm. Hoe ons omstandghede ookal gelyk het as kinders, het dit ons gevorm. Of dít lewenslank ons koers gaan bepaal, bly ‘n keuse.

 

Of mens in dieselfde strikke gaan bly trap, bly ‘n keuse. Ja, mens kan aanhou jou ouers of wie ookal blameer vir die omstandighede waarin jy jouself bevind. Jy kan woedend wees vir jou werkgewers of jy kan rondloop met ‘n wrok teenoor jou huweliksmaat. Jy kan altyd fout vind met iemand anders, maar ek dink dit is tyd dat alle mense, veral die mense van Suid-Afrika, ‘n metamorfose moet ondergaan en waarlik introspeksie doen.

Daarom my metamorfose.

Tyd om die oud af te skud. (Nee, ek gaan nie vir botox gaan en obsessief begin oefen nie 😉 )

Dit is bloot tyd om ‘n gedaanteverwisseling te ondergaan (psigies) met die hoop en vertroue dat die lentebloeisels binnekort sal wink en soos die somer nader kom, ten sal volle blom.

Jy sien: Ek het op die stadium vreeslik baie vriende met wie dit vreeslik goed gaan en omdat ek vir hul só lief is, kan ek nie anders as om net saam met hul bly te wees nie.

Daar is miskien rede agter die feit dat dit só goed gaan met hulle, maar baie van dit hang af van hóé hul die lewe benader en watter invloed hul van buite af toelaat.

 

Dan het ek ook díé vriende met wie dit regtig nie goed gaan nie. Inteendeel, dit gaan rof.

Saam met hul wil ek huil.

Ek verstaan nie hul onregverdige seer nie en kan waarlik empatiseer, want het self nie die maklikste paar jaar agter die blad nie (contrary to what people might think…Sosiale media is geen mens se vriend nie, al probeer mens dit beperk.)

 

Ek vra telkemale die volgende vrae:

1) Waar is lojaliteit heen en hoekom maak dit my steeds seer as mense nie lojaal is nie?

2) Waar is ware liefde heen – daardie tipe wat nooit opgee nie, nooit kwaad gaan slaap nie?            (Alwyn kry ‘n medalje in hierdie afdeling, want ons gaan slaap waarlik nooit kwaad vir                  nie).

3) Hoe kan ander net wegkyk vir die wêreld se swaar en in “bubbles” leef? (Mense, die shacks        is reg langs die golfbaan, oorkant jou 6 slp paleis… Ja, daar woon mense daar.)

4) Hoe is mense nie opreg dankbaar as hul in die aand proteïen en groente eet met ‘n glas wyn      terwyl meer as 60% van ons bevolking op R22.00 per dag (per gesin van 5) moet klaarkom        nie?

Die grootste van alle vrae… Hoekom is die mensdom so ongelooflik ontevrede?

Al is hul huise gevul met aardse skatte, ry hul die motors wat hul wil ry en bekleë hul die poste waarna hul altyd gesmag het, is daar onderling ‘n diepe hartseer, ontevredenheid en donkerte wat wandel in die groot paleise van ons land.

Ek besef polities is daar MIN om oor opgewonde te raak, en tog was daar al hier en daar in 2016 ‘n oorwinning.

 

Jy sien, dit gaan maar als oor innerlike, diepe geluk en vrede. ‘n Geluk wat jy slegs deur diepe introspeksie en absolute eerlikheid met jouself kan kry en ‘n vrede wat jy as gevolg daarvan sal ervaar as jy fokus op die kleiner dinge, op die dít wat goed is, op dit wat vir jou in jou lewe werk, wanneer jy ophou om jouself met diegene om jou te vergelyk en al jou energie daarop fokus.

 

Ons stap almal ons eie pad.

Ons het almal ons eie doel.

Raak tevrede met jou pad, jou doel en met dít wat goed is.

flowers

Gaan deur ‘n Metamorfose in Mei. Die lente is binnekort hier…

 

Ek sluit af met die volgende lirieke van die legende – Leonard Cohen

If it be your will

That I speak no more
And my voice be still
As it was before
I will speak no more
I shall abide until
I am spoken for
If it be your will
If it be your will
That a voice be true
From this broken hill
I will sing to you
From this broken hill
All your praises they shall ring
If it be your will
To let me sing
From this broken hill
All your praises they shall ring
If it be your will
To let me sing

If it be your will
If there is a choice
Let the rivers fill
Let the hills rejoice
Let your mercy spill
On all these burning hearts in hell
If it be your will
To make us well

And draw us near
And bind us tight
All your children here
In their rags of light
In our rags of light
All dressed to kill
And end this night
If it be your will

If it be your will

One Comment

  1. Chrissie

    Pitkos vir ons siele wat so afgestomp raak vir al ons eie seeninge. Dankie Rozelle, moet nie ophou nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *