Welkom

Dankie day jy kom inloer het.

Hierdie tuiste is weer op nadat hy so ‘n rukkie terug gesteel is đŸ˜‰

Ek skryf elke maand ‘n blog en ek doen nou en dan optredes in die teaters of in die sitkamers van sekere mense se huise… dus: optredes met hart, vir die gees en baie persoonlik.

Ek gebruik slegs instrumente en musikante – in die vorm van begeleiding deur slegs ‘n pianis tot ‘n 5-stuk orkes. Wie wil nou saam met ‘n “backtrack” sing as jou vriende jou kan omring en jul saam kan musiek maak?

Kyk gerus  hieronder vir my musiek  sodat jy dit kan aflaai en daarna luister, asook na my Facebook-blad vir my musiekvideo “Die Taal van kos” asook die video saam met Mathys Roets – “Gert Vlok Nel se Treine”.

Ek hoor graag van jou. Stuur gerus vir my ‘n boodskap.

Rozelle.